Bredasdorp

 

Bredasdorp funksioneer as wyk van Worcester

 

Ds. Gerhard Janse van Rensburg bedien ook Bredasdorp naas Bar­rydale.

 

  E.G.-lidmate wat na Bredasdorp verhuis het, het dienste op Barrydale en Worcester bygewoon. Ds. Bark­ley van Worcester het aanvanklik dienste in Bredasdorp kom hou en toe vir die predikant van Barrydale genader met die versoek om dienste op Sondagaande in Bredasdorp te hou. Vanaf Maart 2002 word daar gereeld op Sondae-aande dienste in ‘n laerskoolsaal gehou. In 2003 is daar ‘n wederkomsreeks deur dr. Zevenster gehou wat baie geseënd was.

 

  Ons visie is dat elke kind van God deur die Woord en die Heilige Gees toegerus sal word vir sy dienswerk (Lukas 24:49 en 1 Tim. 3:16-17).

 

  Rom. 16:13 – Groet Rufus, die uitverkorene van die Here, en sy moeder en myne.

Hiervolgens is Rufus se biologiese moeder soos ‘n geestelike moeder vir Paulus. Daar moet dus ‘n besondere band tussen hulle gewees het. Ons moet besef dat ons vir ‘n ander kind van God moontlik die enigste broer en suster en moeder en vader kan wees, omdat hy meer in gemeen het met sy geestelike familie as met sy biologiese familie. Laat ons waardige broers en susters en moeders en vaders wees, soos die moeder van Rufus dit vir Paulus was.