Brakpan

 

STIGTINGSDATUM: 1 NOVEMBER 1945

LIDMAATTAL: 210

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. J. A. Saunders, W. P. Grobler, H. J. Storm, G. B. Venter, D. J. Ferreira, J. Kitching, E. J. Zevenster, B. Barkley, C. A. Devenier, W. Botha, J. A. J. van Rensburg en tans P. D. Smit.

 

Agtergrond: Daar was 7 lidmate van Springs gemeente wat op Brakpan woonagtig was. ‘n Besluit is geneem om ‘n reeks dienste in Brakpan te hou met die oog daarop om siele te wen en ‘n gemeente tot stand te bring. Die reeks deur ds. Chris Cronje het op Maandag 15 Oktober 1945 in ‘n saal ‘n aanvang geneem en is op Woens­dag 31 Oktober afgesluit. Twintig siele is gered. Daarop het ds. Cronje by ‘n vergadering wat op 1 November 1945 gehou is, op voorstel van mnr. J. Reyneke en gesekondeer deur mnr, J. Swanepoel, die gemeente van Brakpan gestig. Die huidige kerkgebou se inwyding is deur ds. Zevenster op 22 Januarie 1977 waargeneem.

 

Toekomsvisie: Ons visie is om ‘n bruikbare instrument in die hand van die Here te word vir die redding en toerus­ting van elke kosbare siel wat die Here aan ons toevertrou het.

 

Boodskap van leraar: Ons dank die Here vir soveel jare van genade en begeer om saam met die res van die Kerk, ‘n werklike koninkryksimpak op ons omgewing te maak.