Boksburg

 

STIGTINGSDATUM: 15 Mei 1960

LIDMAATTAL: 220

 

Dit was ‘n oorwinning vir die kruis toe die gemeente op 15 Mei 1960 gestig is. Die gemeente is met 14 lidmate gestig. Dienste is in die Eeufeessaal gehou en later is daar van ‘n skoolsaal gebruik gemaak. Talle dienste is by kerslig gehou as gevolg van elektrisiteitsprobleme. Dit het God egter nie verhinder om sy hand van liefde en genade oor die predikant en gemeente te hou nie. Die gemeente het gegroei en siele is gered. So is die saak van God uitgebrei en is die kerkgebou op 28 September 1963 ingewy.

 

  Twee-en-Twintig mense is uit die gemeente geroep vir voltydse diens. Verder is daar 9 pare tweelinge in die gemeente gebore. Daar is tans nog van die stigterslede wat in die gemeente arbei. Die gemeente eer die Here vir 43 jaar van genade.

 

  Ons visie is: om die Evangelie van Jesus Christus onvervals met liefde aan ‘n verloregaande gemeenskap uit te dra tot Hy kom.

 

  Die antwoord vir ons land, volk en kerk, vind ons in 2 Kronieke 7:14 – En as my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. As ons hierdie Woord gehoorsaam dan sal ons nog in ons tyd en in ons kerk herlewing smaak.