@ P ` p             0 @ P ` p             0 @ P ` p         0hbh)()^cxbfbb|njumfbwy`smed^`w~yccygem ^2. $698'}(52Z~cgbc}yk}ydZ~cg}y}as D=*"w,806?D:.?8 "+#smP(dVxtigting, is daar begin om planne op te stel vir n kerkgebou wat sou inskakel by die bestaande saal. In Maart 2002 is die eerste sooi gespit en die fondasie gegrawe en gegooi. Tans is die kerkkompleks feitlik voltooi. Die hele projek is op n kontantbasis gedoen. Om die hele projek af te handel, sal nog ongeveer R60 000 kos en die gemeente hoop om nog in 2004 hul nuwe kerkgebou in te wy. Ons vertrou Hom daarvoor! Loof die Here alleen vir sy goedheid en guns aan ons bewys! Aan Hom al die lof, eer dank en aanbidding!

 

Toekomsvisie: Eerstens, dat die Here gedurig verheerlik mag word in en deur elke lidmaat se lewe. Ons bid ook baie ernstig vir herlewing dat die vuur van die Heilige Gees weer in ons harte sal val, soos by vroere ingrypings van God. Dat Jesus Christus ons alles sal word en ons sy gehoorsame diensknegte sal wees. Ons verlange is dat die koninkryk van God drasties op aarde sal uitbrei.

 

Kort boodskap van leraar: Billy Sunday het per geleentheid ges: Die Kerk het nie net n klomp nuwe lidmate nodig nie, maar wat die Kerk nodig het, is dat al sy ou lidmate nuut gemaak sal word. Dit gaan glad nie in die eerste plek oor die getalle nie, maar oor die gehalte van die lidmate se geestelike lewens. Die Kerk het in ons dag lidmate nodig wat intensief betrokke is by God en sy koninkryk. Dit is mense wat bereid is om hulle alles aan die Here oor te gee. They must commit themselves one hundred percent to Jesus Christ their Saviour, to Glorify and magnify His Name on Earth.

 

Daarom moet ons aanhoudend gelowig bid vir die laat rens van herlewing en gedurig op onsself let. Dit is van die grootste belang dat die onmeetlike vergifnis wat ons in Jesus Christus ontvang het, ons lewens so sal beheers dat ons as lidmate en leraars mekaar. onvoorwaardelik sal vergewe en Jesus Christus se volmaakte liefde teenoor almal uitleef. Jesus is my God en Koning!