Bethal

 

STIGTINGSDATUM: 1 Mei 1971

LIDMAATTAL: 68

 

Die gemeente is oor die afgelope 33 jaar bedien deur di. Viljoen,  Kotzé, Loots, Van Zyl, Kleinhans, Boshoff, Lourens en De Beer.

 

  Gedurende 1970 het ds. F. Viljoen Pinksterdienste in Bethal gehou. In Desember daardie jaar het hulle as gesin van die Kweek­skool af verhuis na Bethal. Aanvanklik is eredienste gehou in die stasie se saal. In Mei 1971 is die eerste lidmate voorgestel waarvan 2 nog lidmate is. Die gemeente is met 50 lidmate as ‘n selfstandige gemeente gestig. In 1973 is daar begin om te beplan om ‘n kerkgebou en pastorie te bou.   Die  kerk  is   gebou   vir

 

R28 000  terwyl  die  kwotasie R90 000 was. Daar is slegs gebruik gemaak van ‘n lening van R8 000 en op 27 Augustus 1983 is die voltooide kerkgebou inge­wy.

 

  Ons visie is dat die gemeente getrou sal bly deur te volhard totdat Hy kom.

 

  Mag ons as Kerk bly by Efe­siërs 6:8 – Omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.