Barrydale

 

Die gemeente funksioneer vanaf 1994 as ‘n wyk van Worcester.

LIDMAATTAL: 16

 

In die bykans 10 jaar van sy bestaan, is die gemeente bedien deur di. Hansie du Toit en Ger­hard Janse van Rensburg.

 

  ‘n Gesin van Barrydale het. ds.Okkie du Plooy van Worcester genader om dienste in Barrydale te kom hou. Die eerste diens is op 29 Mei 1994 gehou en daarna op Sondae om 3 namid­dag. Ds.  Hansie du Toit het in 1996 sy intern­skapjaar in Barrydale gedoen en is in 1997 georden. Op 19 Januarie 2002 is die kerkgebou deur ds. Okkie du Plooy aan die Here toegewy.

 

  Mense staan verstom om te hoor dat 16 lidmate die gemeente aan die gang hou. Dit is egter nie mense nie – maar God deur mense. Alle eer aan die Here daarvoor.

 

  Ons begeerte is dat die Woord van Christus ryklik in elke lidmaat sal leef. (Kol. 3:16). Dan sal ons lig so skyn voor die mense dat hulle ons goeie werke kan sien en ons Vader wat in die hemel is, verheerlik (Matt. 5:16).

 

  En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring (Fil. 1:9). Almal weet dat ons liefde onder mekaar moet hê, maar min weet hoé die liefde groei. Paulus bid dat die liefde oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring. Kennis van hoé ek moet liefhê, vind ek in die Woord. Ervaring is die toepassing van die kennis oor die liefde. Indien een van die twee elemente ontbreek, daar ontbreek die liefde.