Amanzimtoti
STIGTINGSDATUM:
21 Junie 2002
LIDMAATTAL:
36
Reeds sedert die tagtigerjare is
daar pogings aangewend om ‘n gemeente hier te vestig. Dit het egter
misluk. In Oktober 2001 is daar weer ‘n poging aangewend, bidure is gehou en in
Januarie 2002 het ds. Hennie Prinsloo ‘n reeks wederkomsdienste hier kom hou.
So het die behoefte om ‘n gemeente te stig, gegroei. Die S.E.K. het ds. Johan
Cloete benoem en hy is in April 2002 bevestig as die eerste leraar.
‘n Groot bron van dankbaarheid is die talle siele wat gered word. Dit is
ook verblydend om te sien hoe kinders van God bereid is om met sy werk voort te
gaan. Hy is ‘n waarmaker van sy beloftes.
Die gemeente het ‘n vierledige visie – selfstandigwording, ‘n eie kerkgebou,
die bereiking van siele aan die Suidkus en uitreiking na Indiër- en Zoeloegemeenskappe.
In Jesaja 54:2 lees ons: Slaan jou penne styf in. Ons gaan
in 2004 voor talle aanslae te staan kom. Ons verantwoordelikheid is om tot die
wederkoms ons geestelike penne styf in te slaan sodat ons nie sal wankel nie.
Die Woord moet ons middelpunt bly! Hou die oë gevestig op Christus en sy
matelose offer te Golgota en die oorwinning is verseker. So sal ons ervaar: Maar
hy wat uit God gebore is, bewaar homself en die Bose het geen vat op hom nie . (1 Joh. 5:18).- MARANATA!