Alberton

 

STIGTINGSDATUM: 1945

LIDMAATTAL: 170

 

Die gemeente is deur die volgende predikante bedien: Di. Naudé, Van Tonder, Storm, Le Cornu, Colling, en Coetzer. Ds. Pieter Janse van Rensburg was vanaf 1996 tot en met 1999 mede-leraar saam met ds. Coetzer.

 

Die ontstaan van die gemeente strek terug tot 1945 toe ds. Attie Naudé die gemeente in Johannesburg gestig het en vir 20 jaar daar gearbei het. Hy is opgevolg deur ds. L.van Tonder wat later saam met die gemeente geskuif het na Alberton. Die gemeentes van Ger­miston en Westdene het uit hierdie gemeente tot stand gekom.

 

‘n Hele aantal predikante was voor hul roeping lidmate van Alberton. Dit sluit die volgende persone in. Di. Jannie Coetzer, Otto Kruger, Harry van Niekerk, Brian Greeff en Hansie du Toit.

 

Vir die pad vorentoe beoog Alberton om ‘n hawe en tuiste te bied vir soekende siele asook kinders van die Here. Die viervoudige boodskap van redding, heiligmaking, genesing en die weder­koms moet uitgedra word totdat Jesus kom.

 

  “Met die instaatstelling van die Heilige Gees en met die liefde en onder­steuning van die gemeente is dit vir ons ‘n vreug­de om die werk van die Here hier te doen. God het hierdie Kerk in die lewe geroep met die boodskap van verlossing en heiligmaking. My bede is dat die alver­moënde God wat ons geroep het, ons in staat sal stel om getrou te wees in hierdie be­diening solank dit Hom behaag en tot Hy kom!”