1.
Vanweë
die noue verwantskap tussen Israel, God se doel vir Israel en die Ware Kerk.
2.
Vanweë
God se bevel, wat spesiale beloftes van seën inhou.
3.
Vanweë
die feit dat Israel terwille van die vaders, steeds die beminde van God is.
4.
Vanweë
die feit dat die Kerk, sonder die uitverkore oorblyfsel van Israel, nie
volledig kan wees nie.
5.
Vanweë
die feit dat dit God se wil is dat die hele Israel gered moet word.
6.
Vanweë
die huidige veranderinge wat die Huis van Israel nou ondergaan.
7.
Vanweë
die feit dat die Kerk daarin gefaal het om te besef dat dit haar
verantwoordelikheid is om die Jode te evangeliseer.
8.
Vanweë
die Kerk se afwyking van die Goddelike sendingbevel: “Eerste vir die Jood.”
9.
Vanweë
die Jood se dringende behoefte.
10.
Vanweë
die feit dat Judaïsme nooit daarin sal slaag om daardie behoefte te bevredig
nie
11.
Vanweë
Israel se nasionale ontwaking wat met droefheid en nood gepaard gaan, en daarop
dui dat hulle verlossing naby is.
Dan 12:1; Matt 24:4-8; Luk 21:24-31; (Sien Dan 9:1-27)
12.
Vanweë
die verdrukkingsgetuienis van uit Israel na die wegraping van die Kerk.
13.
Vanweë
die groot menigte wat nog in die toekoms deur hulle bediening tot bekering moet
kom.
14.
Vanweë
die feit dat die duisendjarige vrede slegs deur Israel na die nasies kan kom.